In die biblioteek het ons die nuwe skooljaar op ‘n drafstap begin! Sommer in die eerste paar weke het die leerders in lang rye gewag om boeke uit te neem en is meer as 2 000 boeke in slegs 2 weke by ons deure uit!
Eversdal Primary School wants to spread the love of stories and we celebrated World Read Aloud Day between 1 – 4 February with a fantastic book sale, lovely bookmarks, colouring pictures and by reading aloud to hundreds of our learners.
Ons nooi voormalige bibliotekaresse en voorleser van formaat, Mev. Melinda van der Hoven, uit om by ons te kom kuier op Woensdag 2 Februarie. Sy lees vir al ons Gr.4- en Gr.5-leerders voor – ons almal verluister ons aan haar en pouse het ons in die biblioteek ‘n toeloop van Evers wat graag “Oupa Zombie” en “Grandpa Zombie”, wil uitneem!
Ons moedig ons onderwysers asook ons ouers aan om Nal”ibali se storie: “ ‘n Partytjie in die Park”, aan hul klasse en kinders voor te lees. Die storie was ook in Engels beskikbaar – die link is in die Everfokus geplaas. So neem ons deel aan ‘n landwye poging om vir soveel as moontlik kinders voor te lees!
On Friday 4 February, some of our Grade 7 learners read aloud to our Foundation Phase classes.
They were so excited and enthusiastic, they even dressed up as characters in their books!
Die voorlesers het opgewonde en uitasem kom vertel hoe ‘n ongelooflike ervaring die voorlees was en dat die klasse dit vreeslik geniet het!
Ons sluit die week tevrede en op ‘n hoë noot af in die wete dat ons lesers lus is vir lees!
We embraced the importance of Reading Aloud and know that we are going to have an amazing reading year!
Snip Snap Snout…. My Story is out!