Gedurende die week van 14 – 18 Oktober het ons Wiskundeweek gevier. Hoe heerlik was dit nie om tussen die bome, plante, geboue, diere en mense wiskunde te ontdek nie. Die Graad 1 tot 7 leerders het die week ‘n wiskundeskattejag voltooi. Leerders het op die skoolgronde gaan soek na die antwoorde.
Met die bouprojek wat amper afgehandel is kon die Graad 7-groep help om die oppervlakte van die aanbouings te kontroleer en ook die koste van so ‘n projek bepaal. Die week is daar heel moontlik ‘n paar ingenieurs en bourekenaars gebore.
Ons kan spog met sewe leerders wat gevorder het tot die 2de rondte in die Metro-Noord Wiskundekompetisie waarvan vier gevorder het tot in die 3de rondte. 36 Evers het deurgedring tot die tweede rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-uitdaging. Twee van hierdie leerders het aan die 3de rondte deelgeneem.
Daarom kan ons sê: “Die antwoord is Wiskunde”