GESKIEDENIS
In 1680 het Vryburger Evert die aanvanklik toelaatbare 60 morg grond van die Kompanjie verkry om vrugte en groente te kweek. Dit word aanvaar dat die plaas Eversdal na hom vernoem is.
Negentien jaar later het Evert sy plaas aan Hendrik Ooswalt Eksteen verkoop. Hy het ‘n fortagtige struktuur gebou, wat as wynkelder gebruik is, maar wat in onbruik verval het. Die splete in die mure van die gebou waardeur op aanvallende Khoi-Khoi en die San gevuur is, kan nou nog gesien word.
Oordragdokumente aan Eksteen uit die jaar 1714 dui aan dat die bron van Kuilsrivier ‘n put in die kelder van die huis is. Die oorspronklike huis met sy T-vormige ontwerp in tradisionele Kaaps-Hollandse styl dateer uit daardie jare. Tien jaar later is dit aan Gysbert Verwey verkoop en die oordragakte is deur Ryk Tulbagh, wat destyds Registrateur van Aktes was, onderteken.
Latere eienaars was:
1764 Johannes Louw
1803 Pieter Joosten
1815 Jacobus Wynand Louw
1855 Familie Schabort (vrou van Jacobus Louw)]
Sedert 1973 behoort die oorspronklike opstal aan die Marais-familie wat dit met uitsonderlike vaardigheid, navorsingsvermoë en geduld gerestoureer het en steeds in stand hou.
HISTORY
In 1680 Vryburger Evert received the admissible 60 morgan of ground from the Company to grow fruit and vegetables. It is assumed that the farm Eversdal was named after him.
Evert sold his farm nineteen years later to Hendrik Ooswalt Eksteen. He built a fort-like structure that was used as a wine cellar, but it fell into disrepair. The fissures in the walls, where attacking Khoi-Khoi and San were fired on, can still been seen.
Transfer documents from the year 1714 to Eksteen indicate that the source of the Kuils River is in a well in the cellar of the house. The original house with its T-shaped design (traditional Cape Duch) dates from those years. Ten years later it was sold to Gysbert Verwey and the transfer documents were signed by Ryk Tulbagh, Registrar of Deeds at that time.
Later owners:
1764 Johannes Louw
1803 Pieter Joosten
1815 Jacobus Wynand Louw
1855 Family Schabort (wife of Jacobus Louw)
Since 1973 the original building, owned by the Marais family, has been restored by means of excellent research and building skills, and kept in a good condition thereafter.