GRAAD 6 KAMP

Watter voorreg om in die pragtige omgewing van Jonkershoek te kon kamp. Ons het elke aktiwiteit in die natuur geniet en geleer om geen skade aan te rig nie en ons kosbare natuur te beskerm.

Ons het selfs “damme” gebou en oor kettingbrûe en deur tonnels gekruip.

Laaste aand het ons ‘n stormsterk wind trotseer, maar elkeen het sy eie roosterbrood gebraai op die kampvuur. Elkeen het dit verskriklik geniet en ons sê dankie aan elke Pappa en Mamma wat elke graad 6-leerder die geleentheid gegun het om só ‘n wonderlike geleentheid te kon meemaak.

6A3 DOEN NAVORSING

Ons Aarde

Skaars het ons die kwartaal begin, toe doen ons al navorsing oor ons wonderlike planeet “Aarde”. Ons het lekker gesoek en vinnig het elkeen sy eie voorstelling op die iPad gemaak en het ons gereflekteer en by mekaar geleer.