GRAAD 1 HUISWERKAAND

Op Dinsdag, 13 Maart het Mev. Elizette Nel, ‘n sielkundige vir ons Graad 1-ouers meer kom vertel van verskillende leerstyle.  Sy het ook wonderlike idees gegee om huiswerk vir ons maats vetpret te maak.

There were also Maths and Home Language exhibitions, where parents could see how to use everyday household objects to do homework with as well as a practical session to show them all the different ways to use flashcards and flardcards.

Ouers kon ook kyk na ‘n pragtige uitstalling van die Graad 4-leerders se take, sodat hulle kan sien waarheen ons Graad 1’s op pad is.

Thank you to all the parents who attended the evening.  If you couldn’t make it, please go to the website to view all the creative ideas.

Baie ouers het die skool bedank vir die insiggewende aand.  Hulle is ook voorwaar trots op die klein Evertjies wat reeds so selfstandig is en soveel liefde en omgee ontvang by die skool.

Die ouers is vuur en vlam om huiswerk pret te maak.

MAMMASAAL

On Friday the 16th of February, all the Grade 1 moms attended our assembly in the hall.

Die graad een’s was baie opgewonde om hulle Mamma’s op die verhoog te sien en die Mamma’s was verstom dat ons al soos ware Evers optree.  After the assembly all the Moms enjoyed a lovely cup of tea and treats with the teachers.

Thank you for attending and making it another memorable day in your child’s life.

GRADE 1

All the grade one’s have learnt to be more aware of strangers in our “Stranger Danger” lessons. They have informally been introduced to cyber wellness as well.

Hulle het baie geleer en dit vreeslik geniet. Ons is hard besig om boekies te maak oor vreemdelinge.

 

imageimage

 

 

Graad 1 se huiswerkaand !

‘n Handjievol Graad 1 ouers het gisteraand die Huiswerkaand bygewoon. Die aand het afgeskop met die Sielkundige, Elizette Nel  (ook ‘n mamma wat self ‘n Graad 1 seuntjie het) wat vanuit ‘n ouer se oogpunt huiswerk doen benader het en met videomateriaal die verskillende leerstyle by haar gehoor tuisgebring het.
Daarna het ‘n goeie informele gesprek met hope praktiese wenke plaasgevind, wat die byt uit huiswerk sal haal en dit meer soos ‘n “play date” tussen die ouer en kind kan maak. Die ouers het seker gemaak hul onthou die oulike speel-speel wenke deur hope foto’s van die apparaat en idees wat uitgestal is, te neem.

After the wonderful presentation parents were given the opportunity to spend time with their child’s teacher in the classroom.  They were shown practical ideas and were given handy tips and clues to help with homework.  It was also a chance for parents to share their ideas and concerns.

DSC_59955 DSC_59944 DSC_59977 DSC_59933

WÊRELDDAG VIR HARDOP LEES: 2016

Evers lief boeke!!!

Hierdie week is daar spesiaal aandag gegee aan hardop lees.  Die Graad 1-leerders het die geleentheid benut en opnuut die heerlikheid van ‘n eie storieboek in die skoolbiblioteek ontdek.  Juffrou Maryna het ons geleer hoe om ‘n snuffelgids te gebruik.  Die keuse was so moeilik om net een skat op die rakke te vind.  Gelukkig is die jaar nog lank.

There are so many books to choose from, where does one begin? Reading is the beginning of new adventures for one and all.  We cannot wait to begin our journey.  The school library is one of our favourite places to be!!  Yes, Evers love books!

2

 

 

GRAAD 1 MAMMASAAL

Hoogtepunt op die Gr. 1- kalender !

Die opwinding was voelbaar in die lug! Alle paaie vir Gr. 1 – Mammas het vanoggend na die skool gelei, want dit was tyd vir die jaarlikse Mammasaal. Dit was ‘n grootskaalse gewaai en soentjies blaas. Die Mammas het vanaf die verhoog hul spruite in hul skoolomgewing beleef.

Our Headmaster was, as saying goes, “the thorn amongst the roses” on the stage, making all the mothers feel relaxed and welcome. Die Evers het ‘n “medley” spesiaal vir hul gelewer. Mnr. Arangies het al die Mammas welkom  en tuis laat voel.

 

VREUGDE VAN JUFFROU WEES

Die Graad 1 leerders kom daagliks met kosbaarhede soos hierdie te voorskyn:

Een van ons graad 1’s kom vanoggend by die skool en beduie na die skoolkleertjies wat hy aan het: “Al pakkie wat ek vanoggend gehad het om aan te trek was my Evergym broekie” Die mannetjie kon nie sy grys broekie opspoor nie en het sy Evergym broekie in die plek daarvan aangehad. Nodeloos om te sê, die juffrou het hom met ‘n vonkel in die oog verseker sy pakkie is geen probleem, solank hy net hier is, is die saak reg! Aan ons entoesiasme om te leer skort niks.

 

ONS GANG NA DIE SWEM

Een foto spreek harder as  ‘n duisend woorde!
One picture tells a thousand stories.
Die kleedkamer was ‘n byenes van bedrywigheid om weer geklee huiswaarts te keer.
We are working towards each learner being responsible for their belongings.

image