- General News

LOCKDOWN DIARIES – A DAY IN THE LIFE OF A INTERMEDIATE PHASE TEACHER

Our egos took a knock as we realised, in preparation for our distance learning, that we certainly would not make the mark as a radio presenter and would most certainly not walk away with an Oscar in hand. Agonising hours were spent making and remaking videos. However, with our preparation in place, our focus was on 14 April.

On 14 April, we rose early and sat in trepidation waiting for the first response on Yammer. Our smiles stretched wide as the first messages appeared. The friendly, “Good morning! I miss you!” warmed our heart. We had been lured into a false sense of security…

Without warning, the Cloud “burst”, messages pelted down on us, each one pushing the multitude of messages below it out of sight. Our fingers were frantically “paging” through OneNote books, jumping from one subject to another. A nervous glance on Yammer would reveal the frustration of a child who had sent a message a mere two minutes ago, obviously totally unaware of the others‘ in the class’, “You haven’t answered me yet!”
This day also came to an end, we had weathered this storm and were capable of taking on any challenge.

We, the teachers and learners, have eased ourselves into this new approach of teaching/learning. We are now experiencing the adventure we had spoken about and are exploring different avenues and methods.

A quote by Charles Darwin: “ It is not the strongest or the most intelligent who will survive but those who can manage change.”

The Grade 4 learners have made us proud! They proved that they are versatile and accepted the challenge that came with change, most successfully; the child, parent and teacher are a formidable team.

The Grade 4 teachers

____________________________________________________________________________________________________________________________

Wie sou ooit gedink het dat toe ons in die klas gedroom het dat ons vanuit ons huise gaan klasgee, dat dit regtig ‘n werklikheid sou word, maar op 14 April was dit nou so!

Al was ons deeglik voorberei het nie ons, die ouers of die leerders geweet hoe, wat en waar alles sal ontplooi nie. Almal het gedink dat dit baie maklik behoort te wees, want daar gaan nie kort-kort ‘n onderbreking wees indien iemand aan jou deur klop, of die interkom kom aan, of daar kom ‘n afkondiging via Teams deur nie, ens.

Die realiteit het gou ingeskop, want, terwyl jy by jou eie huis is, moet jy jou familie en kinders bestuur, kos voorberei, opruim, huis skoonmaak, kwaliteit tyd saam spandeer, video’s voorberei…

Nou in week 3 voel dit al vir ons asof ons as gesoute aanlynopvoeders funksioneer!

Elke dag hanteer ons die vrae en geduldig werk ons met ons leerders. Elkeen sien meer voete aan die onderkant van die foto’s wat die leerders van hul werk neem, as gesiggies. Mis daardie gesiggies en sommer geselsies oor onbenullighede BAIE. Sal eerder in die klas staan, maar ons pas aan en doen ons beste.

Aan die anderkant van die berg sit ‘n jong opvoeder by sy ouers se huis, hou skool en kry verniet kos. Dit is natuurlik enige jongman se droom. Wat egter wel waar is, is die hoeveelheid kere waarop daar deur die loop van die dag vir leerders gevra word om hul werk op Onenote te stuur. Leer moet plaasvind, maar geduld is min. Die ouers raak die leerders en die leerders die ouers. Die volgende sin sal waarskynlik nooit vergeet word nie: “Mnr., wat presies moet ons (mamma en ek) by hierdie aktiwiteit doen?”

Kyk ons terug na die afgelope twee weke, was dit ‘n tyd van klomp gemengde emosies, van erge frustrasie, stres, maar hier en daar tog oomblikke van lekker lag.

Daar is net weereens besef dat dit nie saak maak of daar instruksies gegee word op ‘n getikte beplanningstabel, video of audio nie, ons almal, oud en jonk se leesvaardighede moet opgeskerp word.

Dit is heerlik om op te staan, rustig, met ‘n koppie koffie en te begin werk…lied in jou hart, tot die eerste probleem opduik.  Honderde van dieselfde vrae word beantwoord, want die beplanningstabel is eintlik mos net daar vir die versiering!

Van die interessantste probleme wat opgeduik het, was die feit dat jy vra vir werk… “Juffrou, maar ek het dit gegee en ek  het dit gedoen,” totdat ek tot die slotsom gekom het dat die arme siel hom vrek gewerk het, maar in die verkeerde eenheid en in die verkeerde week.  Duur les in leesvaardighede.  Nietemin, die werk moes ingehaal word.

Die ander interessante geval, natuurlik ook ‘n probleem met leesvaardighede, is dat saans se slaappil verwar is met soggens se pilletjie.  Hoe lekker is dit nie om die hele oggend te slaap net om vanmiddag die werk in te haal nie.

Kom ons hou duimvas dat ons in week 3 almal op dieselfde bladsy kan wees!  In iedergeval, dit is so ‘n goeie leerskool vir ons almal en ons is almal bly oor die rustiger tempo van die lewe en om die klein dinge in die lewe te waardeer waarvoor ons elke dag kan dankbaar wees.

Ons besef dat, om tuis te bly, baie moeilik is vir ‘n ieder en ‘n elk, maar nou moet elkeen maar diep delf, ons humeure in toom hou en ordentlik en gaaf optree teenoor elkeen binne die gesin en mede-huisgenote. Ons as opvoeders mis elkeen se gesiggies, elkeen se nabyheid en die leer saam met mekaar. Terwyl ons nou van mekaar geskei is, moet elkeen die voorreg om saam met jou familie te leer, geniet, tyd maak om dalk meer van hul familiegeskiedenis te leer, die wêreld rondom elkeen te waardeer en meer te lees. Weet dat ons as opvoeders meer na julle verlang as wat julle besef, want wat is nou ‘n groter beloning as wanneer jy kan sien hoe daar skielik ‘n liggie aanskakel wanneer ‘n moeilike begrip bemeester word?

Die Graad 5 onderwysers

____________________________________________________________________________________________________________________________

Elke dag begin bietjie later as gewoonlik, kleredrag: Persoonlik!
Heel eerste word die rekenaar aangeskakel,
gereed om die eerste vrae op Yammer te takel.
Die stilte in die huis… bekoorlik.Na ‘n uur van pieng, pong, dingeling van al die notifications
Is jy gereed vir ‘n Nobel Prys van die United Nations.
Maar voor jy verder kan werk,
moet OneNote eers “restart” vir aanlyn merk!

10:00 is dit tyd vir nog ‘n koffie,
die kombuis is so naby, waarom nie sommer ook ‘n sjokkie.
Ek mis die snoepie se slaai
en die kinders wat lawaai!

My video is te lank en vol opdragte,
Dit laai nou al vir nagte!
Die geld wat ek op petrol bespaar
word bestee aan data, sonder opgaar!

Nog ‘n dag is verby en ek was juffrou, akteur, kok en IT-Support daarby.
Nou is daar geen meer vrae en
dit kon ek alles doen terwyl ek heeldag my pantoffels dra!

Die Graad 6 onderwysers

____________________________________________________________________________________________________________________________