- General News

LOCK DOWN DIARIES – A DAY IN THE LIFE OF A FOUNDATION PHASE TEACHER

Dit was net vreemd om die eerste dag van die 2de kwartaal van 2020 nie op die gebruiklike manier te begin met ‘n “Goeie môre Graad 1’s!”….. en die 30+ stemmetjies nie te hoor antwoord in ‘n koor “Goeie môre Juffrou! Goeie môre maats!”

Ons dae was ewe skielik anders en dat dit ‘n aanpassing vir ons almal was – daaraan bestaan daar geen twyfel nie. Dis steeds vroeg opstaan (dalk n bietjie later as gewoonlik), koffie maak en teen 7 uur word die rekenaar, ipad of selfoon nader getrek om die oggend se e-posse te beantwoord. Deur die loop van die oggend word vrae op verskillende w app groepe gevra en daar moet behoorlik kop gehou word wanneer praat jy met wie en op watter groep.

As jy weer sien, is dit 12:00 en tyd vir operasie regruk, want môre se video moet teen 18:00 op sharepoint wees – reg om uit te stuur! So dis tyd vir die groot photo shoot…
Die “outfit” word gekies. Die grimering en die hare (wat nou al grys by die wortels is) word gedoen – dit voel amper soos ‘n “all dressed up and nowhere to go”! oomblik.
Beligting is NB en vat omtrent ‘n halfuur om uit te sorteer, want sien – die plooie en nekvelle moenie te veel wys nie.

Na vele rondskuif en ronddraai om die regte “angle“ te kry is dit tyd vir “kyk in die kamera en onthou om hard te praat”. Nou is tydsberekening alles – die honde moenie blaf nie en onthou die oupa klok teen die muur lui elke 15 minute! By “Take 100” hakkel jy weer en jou “obsessive compulsive personality disorder” slaan deur en jy begin maar weer van vooraf. Na n uur is die enigste rede hoekom jy dit NIE vir die 500ste keer oordoen nie, die feit dat jy al so ‘n kopseer het jou oë trek al skeel.

Om verder te onthou “dis nie gewone skool nie, my gehoor is nie net my 30+ gesiggies is nie, maar mammas en pappas ook! So….ek kan nie nou die nar wees wat ek altyd in die klas is nie!”, is nie net ‘n uitdaging voor die kamera nie, maar ook ‘n herinnering aan dit wat ons mis.

Ons mis die interaksie in ons klaskamers – die grappies en geselsies – al die leerervarings wat ons elke dag deel saam met ons Graad 1-gesiggies. Tog kan ons net glimlag as ons foto’s en video’s ontvang vanaf ons Graad 1’s – hulle tel, doen somme, lees, doen kuns, maak kaartjies en oefen! Dit doen hulle elke dag pligsgetrou presies soos Juffrou sê …. in hul klaskamer by die huis.

Daarom kan ons sonder enige twyfel sê – Teamwork is dreamwork! En dit maak elke dag se photo shoot ABSOLUUT die moeite werd!

Die Graad 1 onderwyseresse

So this whole online teaching experience has been one that has shaken us all completely. It feels like we are living on a movie set. An average day starts like this: We wake up, that time again – the producer is awaiting our videos (Mr Arno), now what to wear. The bottom attire is easy, day time pajamas or those tracksuit pants. And then the mind starts to wonder, what professional top should I wear today, a jersey or a pretty blouse? The truth be told – we all know that shirt only gets used for the videos and then it’s back into the day time pajamas or a comfortable hoodie.

Now it is time for action. Action turns into take 1, take 2 and before you know it you’re at take 34 and think to yourself this one is going to be perfect. When the dog barks outside, our you catch yourself laughing at something you pronounced incorrectly or someone shouts “do you want coffee?” So then you start again, take 35. Finally done for the day and you then you send it off to the producer.

Now time to sit and wonder. How will my children respond to today’s video? I wonder how they are, are they okay? And suddenly you just realise how much you miss them.

Before your mind drifts off too far all your e-mail notifications come through – it is of one of your learners just to say hello or send you a video or picture. Your heart is warmed and it motivates you to start your next production, ready for the next day.

The Grade 2 teachers

Eers was dit beurtkrag! Een oomblik is die krag aan en ons gee klas en die volgende is ons terug in ‘n tyd waar daar geen krag is nie. Ons gee klas op die veld, in die saal, in die gang en basies enige plek waar daar natuurlike lig deurkom.

Net toe ons dink dis nou dit, tref die Covid-19-virus ons. Nou kan ons nie meer klas gee op die veld, in die saal of gange nie. Nou moet ons juffrou wees van die huis af.

Die onnies was angstig en onseker. Virtuele vergaderings oorlaai met inligting. Ons moes in ‘n japtrap leer hoe “Explain everything” werk en die lig-kamera-aksie van “selfies” en video-opnames bemeester.’n 5-jaar-plan word toe in ‘n week uitgevoer. Ten spyte van die angstigheid en kommer oor afstandonderrig is ons koppe (gesigte en stemme) deur.

So breek week 1 van kwartaal 2 aan en dis vreemd om te dink ons gesigte en stemme weerklink in elk van ons Evers se huishoudings.

Ons as graad, skool en gemeenskap besef opnuut die waarde van ‘n millimeter, ‘n sekonde, ‘n “bit”, ‘n milliliter, afstand -ver en naby, toiletpapier, balans, druppel water en ‘n drukkie. Alles die klein dingetjies in die lewe wat ons so as vanselfsprekend aanvaar het. Al die klein dingetjies wat deel vorm van die groter prentjie, die groter werklikhied. Ons nuwe realiteit.

Nou sien ons beslis kans vir enige uitdaging!

Die Graad 3 onderwyseresse