- General News

VAN SCHALKWYK LEERDERONDERSTEUNING- EN INNOVASIEHUB

Vrydag, 13 Maart 2020 is ‘n agt jaar lange droom en visie van mnr. Arangies bewaarheid met die opening van die Van Schalkwyk Leerderondersteuning- en Innovasiehub. Nuwe administratiewe kantore is gebou, maar die grootste pluspunt is die groot ruimte wat ingerig is vir gebruik deur alle leerders! Ons was bevoorreg dat die Premier van die Wes-Kaap, mnr. Alan Winde, tyd binne sy besige skedule kon afknyp om die opening waar te neem.

Everyone realizes that education needs to change to prepare our learners for their future and jobs that are yet to be established. Learners need to be able to think critically, out of the box and innovative to ensure they create a future for themselves. We all know that our learners’ learning styles differ and, by creating an area where they can blossom and be creative, is really innovative!

Saam met die kreatiewe ruimte, leeshoekies, toerusting om samewerkende leer te bevorder, asook individuele ruimtes waarbinne ‘n leerder op sy/haar eie kan lees en werk, is daar ook geleenthede waar opvoeders met hul hele klas kan kom onderrig in ‘n ander opset wat soos ‘n pawiljoen ingerig is.

As educators we believe in transforming education for the benefit of the individual. We are already reaping the successes and believe that this centre/hub will enhance learning even more.